Wednesday 16 May 2012

Kruie uit die natuur

Hier volg n lys van die meer beskikbare kruie en waarvoor hulle gebruik word.                                                                                                                                                  

Anys:  help teen hoes, kinkhoes, winderigheid brandsiekte, jeuksiekte en luise.

Bloemkom: Dit word hoofsaaklik gebruik in die behandeling van siektes wat die lugwee aantas.

Boegoe:  Uitstekend vir ontsteking in die vroue dele en prostaatklier.

Borage (komkommerkruid):  Dit sal die adrenalienkliere weer herstel na behandeling met kortisoon of steroiede.

Bronkorsslaai (watercress):  Hierdie kruie bevat yster, koper, kalsuim en jodium en goed vir swak senuwees slym, galprobleme,maaglwale, ekseem,bloedarmoede tuberkulose en jig.

Comfrey (smeerwortel):  Dit  is n indrukwekkende wondgeneser en dundermswere genees, omdat dit die herstel van weefels so gou teweegbring.

Dille:  Dit is aromaties anti spasmodies en anti inflammatories.

Duiwelsklou(Devil's claw) Handige plant vir die behandeling van sommige soorte artritis waar daar inflammasie en pyn betrokke is.  Dit help om die lewer en galblaas gesond te hou.

Gemmer:  Help teen hardlywigheid verbeter eetlus krampe naarheid spierpyn geheue en koors af te bring.

Ginseng: Uitstekende tonikum en het n stimmulerende uitwerking op die liggaam.

Jasmyn:  Help met die oplossing van mukus in verkoue seer keel en verlig hoes spierspasmas wonde te heel senuwee uitputting depressie en stresverwante. Dit gee n gevoel van selfvertroue en lewenslus.

Kamomile: Kan gebruik word vir slegtespysvertering, diarree, nierstene op te los , spiergewrigte laat ontspan verstuitings en ook aknee, ekseem uitslag en sonbrand, word aanbeveel teen rusteloosheid en spanning. Kamomile tee is reedelik beskikbaar.

Karweisaad(caraway) word gebruik vir gorrelmiddel asma en brongitis.

Knoffel:   Dit word beskou as n basiese voeding wat die liggaam se gesondheid in die algemeen sal verbeter.   Eet elke dag 3 huisies knoffel vir enige siekte.

Kruisement: Help teen maagkrampe slegte sptysvertering naarheid en breek galstene op, kan as saamtrekmiddel op vel gebruik word, senuwee skeelhoofpyne en stres.

Lavntel: Dit help teen hoofpyn, stres, depresssie, om te slaap, senuweestelsel. Die olie word nie gedrink maar aangesmeer word  en in bad water.

Liqorice(Soethout) Goed vir lewer en ook effektief in die behandeling van hepatitis en cirrhosis.

Moederkruid(feverfew) Help teen pynlike onsteekte gewrigte stimmuleer die baarmoeder trek soos tee.

 Mosterd: Word gebruik teen spierpyne, beenpyne, koorsigheid, verkoue en griep en stimmuleer die bloedsomloop. Jy kan dit trek soos tee  of n pleister maak met water.

Hawer(oats) Dit voed die senuweestelsel. Help teen epilepsie, stuiptrekkings, hoorpyn,angs senuweeagtigheid.

Pietersielie: Help die liggaam om van oortollige water onslae te raak.

Rissie(cayenne) Kan aangesmeer word vir lendejig en rumatiek, gegorrel word vir larangitis en gedrink word as jy swak en moeg voel, word ook gebruik koliek griep swakpolssslag koors en aambeie.

Rooi salie: middel teen bloeiende tandvleise en onsteekte tong en inflammasie in die mond mangelontsteking gorrel middel en kan ook gedrink word.

Roosmaryn: Help met lewer probleme  diarree ingewandsinfeksie, verhoog die bloeddruk stimmuleer die hart en normaliseer cholestrolvlakke. Kan ook gebruik word teen asma brogitis sinus kinkhoes en genesing van wonde aknee en spatare stimmuleer die kopve help met groei van hare depressie stres senuwee stimmulant  en oorinfeksie en verbeter die geheue

Salie(sage) Help   vir mondsere ontsteekte keel en mangels algemene mondspoelmiddel. Koorsblare en help met die verteer van swaar maaltye en genees tand absesse.

Senna: Goed vir hardlywigheid

Swartpepper: Hardlywigheid koliek sooibrand naarheid voedselvergiftiging dit stimmuleer bloedsomloop vermider koors en styfheid.

Tiemie:  Dit is ook n antiseptiese middel verbeter lae bloeddruk en reinig die bloed en maak fungus dood vir aknee kneusplekke brandplekke ekseem insekbyte. Help ook teen stres en slaaploosheid.

Vervain(verbena) Dit is n senuweetonikum kalmerend, anti spasmodies kan gebruik word teen depressie asook vir herstel van siekte en operasies.

Vinkel(fennel)  Help met spysvertering harslywigheid oplossing van nierstene verbeter bloedsomloop en reinig die bloed  en kan gebruik word vir asma en brongitis. waarskuwing n groot dosis kan dit n bedwelmende effek he.

Wildeals: n aftreksel bevorder die afskeiding van maagsappe en gal en ook krampwerend en werk vir swak eetlus.

Wilger: Dit is verdowend antiflammatories asook n tonikum  word gebruik vir koors en pyn  kan beskou word as natuurlike vorm van asperien.

Witch hazel: Dit is n goeie saamtrekmiddel vir die vel. Dit kan ook gedrink word en help om bloeding te stop, vir aambeie kneusplekke en spatare.

Wynruit: Dit bevat rutien wat bloedvate, beendere, naels en tande versterk. Hoofpyn weens stremming op die oe kan verlig word. Dit help ook teen geelsug diarree slaaploosheid stuipe en koors.

Meeste van bogenoemde kruie word soos tee getrek.

Grootste sonnebok van kwale is verkeerde eetgewoontes

Hiervan mag jy net soveel eet as jy wil:Aspersies, agurkies,blaarslaai,brusselse spruite,brocoli,blomkool,eiervrug,groenbone,komkommer,kopkool,lemoenpampoentjies,sampioene,spinasie en tamaties.

Voedsel wat goed is vir die lewer: aspersies,beet appels,spring onions,perskes,granate,brocoli,blomkool,mielies,komkomers,spinasie,rosyne,okkerneute en rape

Hoe bloeddruk: Vermy sout,rook en alkohol.

                            Maak n aftreksel van roosmaryn drink 2x per dag n halwe glas of

                           Trek dagga soos tee en drink 2x per dag

                            Eet vroeg in die oggend gerasperde wortels,pynappels en lemoemsap,

Kolestrol: Avokado verlaag kolestrol in jou bloed

                  Vrugte werk die kolestrol uit jou bloed en groen bone

Hartkwale:   Sluit die volgende by jou dieet in: knoffel,uie,suurlemoene,aspersies,gort,groen   erte ,okkerneute en pekanneute.    Trek 1 teelepel tiemie op n koppie kokende water soos tee, drie maal per dag.

                     

Bloedsirkulasie: Drink Lecithin elke dag

Bloedarmoede: Marog is ryk aan yster. Ander voedsel wat die toestand sal help opklaar is groenblaar groentes hoender vis en beet.

Rumatiek: Sluit die volgende by jou dieet in: Seldery,aspersies,artisjokke,komkommer,knoffel,vye druiwe,waatlemoen,aarbeie.  Devil's claw is n goeie middel teen rumatiek.

Jig: Maak n sterk tee van 12.5ml pietersiele,roosmaryn en salie in 250ml kokende water drink daaglliks hiervan

Emfiseem: Vermy kosse soos vleis,eiers,witmeel en melkprodukte en staak om te rook.

Asma: Maak n aftreksel van die volgende en drink kort kort daarvan deur die dag.

250ml suurlemoensap

250ml lusernblare

heuning

Inflammasie: knoffe kan gerasper of gekneus op die wond gesit word

Depressie en stres:   Voeg n eetlepel engelse sout by jou badwater

                                  

Maak aftreksel van laventel,oreganum,roosmaryn smeerwortel en seldery